Mandela dag

01 August 2018 302
Lange Carr & Wessels is betrokke in ons gemeenskap. Ons personeel het onlangs benodighede vir ‘n projek vir behoeftiges bymekaar gemaak en die firma het 40 komberse geskenk. Tannie Dinah Swarts is ‘n vrou met ‘n groot hart wat haar huis en kombuis oopmaak vir kinders in haar gemeenskap. Sy probeer haar bes om veral oor naweke iets te ete te hê vir 30 tot 40 honger magies. Binne haar omstandighede en vrygewigheid, is sy vir ons ‘n inspirasie! Ons kantore kan gekontak word om in verbinding te tree met die projek.

Die Bloedbank het ook ons kantore besoek en personeellede het op so ‘n manier ook ‘n verskil in die lewens van ander gemaak. Het jy geweet dat 3 mense se lewens gered kan word deur een skenking?

Kom ons raak opnuut bewus van die behoeftes rondom ons en raak betrokke op verskillende maniere: gee van jouself, van jou tyd, van jou inkopies of belê jou geld in die opvoeding en opbou van ons gemeenskap.

Ons daag jou uit – maak ‘n verskil in jou omgewing, só maak ons ‘n verskil in ons wêreld.
Share: