Nuus uit die Gemeenskap

05 April 2018 416
Lange Carr & Wessels is trots om deel te wees van Upington se gemeenskap. Ons ondersteun graag ons skole en bemoedig deelname en geriewe vir sportaktiwiteite.

Gedurende 2018 borg ons kantore gedeeltelik die Hoërskool Upington se O/14 en O/17 netbalspanne asook die dogters se eerste hokkiespan. Ons wens Hoërskool Upington ‘n goeie sport seisoen toe.

By Hoërskool Duineveld borg ons ‘n advertensiebord ter ondersteuning van die skool se hokkieveld omheiningsprojek en neem ons deel aan Hoërskool Duineveld Gholfdag waar ons kantore ook ‘n gat borg. Ons hoop Hoërskool Duineveld werp die vrugte van hulle harde werk.

Verder borg ons kantore ‘n gat by Western Mounted Games se fondsinsamelings Gholfdag.

Lange Carr & Wessels is opgewonde oor ons omgewing en versterk graag ons dorp se potensiaal.
Share: